Algemeen

Meer oor die span by ons Wellington Tak Meer oor die span by ons Boulevard Tak (Paarl) Meer oor die span by ons Franschhoek Tak

Die Wellington Diere Hospitaal Groep is gestig in 1967. Die praktyk het gegroei van ‘n klein begin tot die naasgrootste groep van veeartse in die Wes Kaap.  Die praktyk het ‘n trotse geskiedenis van uitstaande dienslewering waar hoogs professionele diens gekombineer met  ‘n eg plattelandse  vriendelikheid die platvorm skep waarop ons ons liefde en passie vir troeteldiere , perde en produksie diere uitleef.  Elke persoon betrokke in die praktyk, hetsy veearts, verpleegkundige, ontvangsdame, administratiewe beampte of  algemene werker het een groot gemene deler en dit is ons liefde en passie vir ons pasiente en  kliente.

Hier word elke veearts toegelaat om sy/ haar passie in die totale veearts bedryf uit leef en hom of haarself toe te spits op ‘n eie unike belangstellingsveld. Dit bring mee dat die groep ‘n wye verskeidenheid van dienste kan lewer. Buiten die normale uitsonderlike troeteldier vaardighede bied ons ook gespesialiseerde dienste aan vir Perde,  eksotiese diere  asook wild.

Die tradisionele funksie van die veeartse naamlik kudde gesondheid en bestuur word eveneens nie afgeskeep nie en ons lewer ‘n baie belangrike diens in die voedselsekerheids ketting van Suid Afrika. Dit behels die  opstel van gesondheids programme, vrugbaarheids bestuur,  algemene geneeskune en voeding van ons produksie diere.

Die WAHG span is dus deeglik toegerus en gemotiveerd om na ons kliente  se behoefte om te sien en seker te maak dat  elke klient ‘n tevrede klient is en bly.