Perdesiekte entingsdatums

15 Dec

WAHG het bewus geword van die feit dat van ons kliënte onseker is oor die entings tye vir Perdesiekte in ons omgewing.

Die perde in die Wes-Kaap kan slegs ingeênt word teen Predesiekte tussen 1 Junie en 31 Oktober elke jaar.

Ons moet toestemming by die staatsveearts kry om ‘n perd te ent voordat ons die entstof kan kry. Dit is dus baie belangrik dat u ons so vinnig as moontlik laat weet indien u perd teen Perdesiekte ingeênt moet word.