Argiewe | Troetel Diere

Kat Vigs (FIV) en Leukemia (FeLV)

12 Nov
cat

FIV (Kat Vigs) en FeLV (Leukemia) is twee verskillende siektes wat in katte aangetref word en wat die imuunsisteem van die pasiënt aantas. Beide siektes word deur retrovirusse veroorsaak en word op soortgelyke wyse versprei. Mannetjie katte word meer algemeen geaffekteer, veral ongekastreerde mannetjies wat geneig is om rond te loop.   Wat die virus […]

Hokhoes

12 Nov
Kennel cough

Hokhoes is ‘n hoogs aansteeklike siekte van die lugweë van honde. Die siekte word veroorsaak deur twee viruses en ‘n bakterium wat versprei word deur die lug of deur direkte kontak met die neus en/of bek van ‘n geaffekteerde hond.   Wat die virus doen: ‘n Kombinasie van Canine Parainfluenza virus, Canine Adenovirus-2 en Bordetella […]

Hondsdolheid

12 Nov
Rabies

Hondsdolheid is ‘n dodelike siekte wat veroorsaak word deur ‘n virus. Dit kan alle soogdiere, insluitende mense, aantas. Die virus is teenwoordig in speeksel en word versprei deur bytwonde.   Wat die virus doen: Nadat die virus versprei is deur ‘n bytwond, vermeerder dit in die weefsel om die wond en dring dan deur na […]

Hondesiekte (Distemper)

12 Nov
Distemper

Hondesiekte is ‘n hoogs aansteeklike, virale siekte van honde. Dit versprei in die lug vanaf die lugweg of deur direkte kontak met die uriene, stoelgang of selfs vel van geaffekteerde honde. Die virus kan ook oorgedra word vanaf ‘n teef na haar ongebore kleintjies deur die plasenta. Die siekte affekteer meestal jong honde onder die […]

Parvovirale Enteritis (Katgriep)

12 Nov
Parvo pup

Parvovirale enteritis is ‘n hoogs aansteeklike siekte van honde. Dit affekteer gewoonlik jong hondjies onder die ouderdom van 1 jaar. Die virus word uitgeskei in die stoelgang van ‘n geaffekteerde hond en word dan per mond ingeneem deur die jong hondjie. Die virus kan vir maande tot jare oorleef in die omgewing. Die virus word […]

Entings vir honde en katte

12 Nov
[ File # csp14180475, License # 2767341 ]
Licensed through http://www.canstockphoto.com in accordance with the End User License Agreement (http://www.canstockphoto.com/legal.php)
(c) Can Stock Photo Inc. / sinnawin

Deur die jare is daar bewys dat entings sekere siektes suksesvol kan voorkom. Sommige siektes is selfs uitgewis deur ‘n streng entings protokol te volg. Ons troeteldiere word blootgestel aan verskeie potensieël ernstige siektes wat selfs tot die dood kan lei, maar wat voorkom kan word deur gereelde entings.   Honde: WAHG stel die volgende […]

Diere rehabilitasie terapie

28 Aug
kim rehab horse

Diere met ‘n wye verskeidenheid kondisies kan baat vind by diere rehabilitasie terapie. Dit sluit in voorkomende behandeling, behandeling na chirurgie en behandeling vir kroniese kondisies. Behandeling is gegrond op wetenskaplike en bewysgebaseerde tegnieke. Troeteldiere, en spesifiek honde en katte, kan na chirurgie behandel word om die herstel en volle gebruik van die liggaam of […]

Tandsorg vir troeteldiere

17 Aug
dental care

Almal wil graag gelukkige en gesonde troeteldiere hê. Ons wil hulle ook graag by ons hê, maar soms voel dit asof ons eers vir hulle ietsie vir daardie asem wil gee! Dit is maklik om te vergeet van die gesondheid van ons troeteldiere se tande. Ons borsel elke dag ons tande, maar wat van ons […]

Verband sorg

02 Oct
IMG_5900

Wanneer u troeteldier met ‘n verband ontslaan word, let asseblief op die volgende inligting. Die verband het ‘n baie belangrike funksie om te verrig en moet dus ooreenstemmend versorg word ten einde daardie funksie doeltreffend te verrig. Die funksie van verbande is onder andere die volgende: Voorkom swelling Verlig pyn Verminder/stop bloeding Immobiliseer die ledemaat […]