Wellington Dierehospitaal

Dr. Albert van Rooyen

My naam, Albertyn van Rooyen, het mense verwar, toe word dit net Albert. Ek is op Vryburg gebore, het in die Paarl grootgeword en matrikuleer in 1968 aan Boishaai waarna ek by Doeane en Aksyns in Kaapstad begin werk. Na nege maande Nasionale Diensplig begin my studentlewe in 1970 by Tukkies. Met studies hoog op die prioriteitslys, was daar darem tyd vir rugby en “nabetragting”.

In 1976 begin ek as veearts werk by O.V.S. Dierehospitaal in Welkom, waar Dr. Leslie Marshall ‘n waardevolle bydrae lewer om rigting aan my loopbaan te gee. In November 1979 sluit ek aan by die toe reeds hoog aangeskrewe span by Wellington Dierehospitaal oner leiding van Dr. Dave Longland en Jim Antrobus. In Januarie 1981 word ek vennoot en ons span groei sedertien van 3 veeartse tot die huisdige nege met takke in die Paarl en Franschhoek.

In ‘n gemengde praktyk moes veeartse hulle destyds noodgedwonge op alle vlakke van die beroep laat geld. Dit het ‘n groot uitdaging gebied om te alle tye op hoogte te bly om aan kliënte en pasiënte diens van hoogstaande gehalte te lewer.

In 1984 is ek met Dagmar Vietze in die eg verbind en ons tweeling, Nicola en Christiaan, word in 1990 gebore. Die buitelewe en afgeleë bestemmings in ons land en buurlande is my passie met die Weskus, Karoo, Namibië en veral die Namib woestyn wat persoonlike gunstelinge is.

Dr. JB Morkel (Bruwer)

Dr. Morkel het in 1977 as veearts gekwalifiseer op Onderstepoort.

Hy het in gemengde praktyke in Viljoenskroon, Klerksdorp en ook sy eie praktyk in Heilbron in
1986 gewerk.

Dr. Morkel geniet dit om met al die spesies insluitend plaasdiere, perde en familie troeteldiere te werk. Hy is ‘n baie bekwame chirurg, maar is ewe gemaklik met diagnose en behandeling van mediese gevalle.

Dr. Morkel is tans ‘n vennoot in die Wellington Tak. Hy is getroud met Francina en het 3 kinders.

Tydens sy vrye tyd hou hy daarvan om te reis en besoek sy kleinkinders in die Verenigde Koninkryk.

Dr. Deon van Tonder

Dr. van Tonder behaal sy BVSc graad aan die Universiteit van Pretoria in 1986.

Hierna gaan werk hy in Engeland vir 8 maande waar hy homself op troeteldiere toespits.

Terug in Suid Afrika doen hy sy diensplig waartydens hy dan as veearts vir die weermag se perde ingespan word.

Na sy diensplig besluit hy om verder te studeer en doen ‘n MBA terwyl hy steeds as locum veearts werk.

Daarna werk hy vir ongeveer 2 jaar in Malmesbury voordat hy hom in 1992 aansluit by die WAHG span.

Dr. van Tonder se spesifieke belangstelling is by perde en hy geniet veral chirurgie en reproduksie werk asook mankheids ondersoeke.

Hy is die president van die SAEVA (South African Equine Veterinary Association) vir die 2014 – 2016 termyn.

Hy doen ook baie diens by polo byeenkomste en uithouritte.

Wanneer hy nie besig is met veeartseny nie, geniet hy dit om buiteligsport te beoefen en motorfiets te ry.

Dr. William van Zyl

Dr. van Zyl het in 1991 as veearts gekwalifiseer op Onderstepoort.

Hy het sy eie kliniek bestuur in Moorreesburg voordat hy by die WAHG span aangesluit het in Mei 2011 en as ‘n vennoot in Maart 2012.

Hy spesialiseer in skaap teeling en kudde gesondheid en is ook lief om met perde te werk.

In sy vrye tyd beoefen hy perd uithouritte as ‘n sport en is ‘n gekwalifiseerde FEI uithourit veearts.

Dr. Cilliers Louw

Dr. Louw behaal sy BVSc graad aan die Universiteit van Pretoria in 2005 waarna hy homself aansluit by Tygerberg Dierehospitaal as troeteldier veearts.

Daarna werk hy in Brittanje vir drie en ‘n half jaar as produksiedier veearts.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika spits hy hom toe op grootdier werk om sodoende baie ervaring in hierdie veld op te doen.

In 2010 sluit hy aan by WAHG en werk nou hoofsaaklik met produksiediere en wild.

Hy is die stigter van die Farmlands Vet tak van WAHG.

Hy is getroud met Zirkea en spandeer al sy vrye tyd om pa te wees vir hulle dogtertjie, Milea, wat in April 2014 gebore is.

Dr. George Schabbort

Dr. Schabbort het gekwalifiseer as veearts aan die Universiteit van Pretoria in 2009.

Hy het daarna gewerk vir die universiteit deur studente op te lei en te ondersteun by ‘n landelike kliniek van die universiteit naby die Kruger wildtuin.

Daarna het hy aangesluit by ‘n gemengde praktyk in Brits waar hy onder andere met wild begin werk het.

Hierna het hy in Nottingham Road as perde reproduksie veearts gewerk.

Hy het aangesluit by WAHG in Januarie 2013 en volg tans sy passie as wilds- en perde reproduksie veearts.

In sy vrye tyd speel hy graag gholf en polocross en geniet die buitelewe.

DChilton3-300x200 Dr. Darrel Chilton

Darrel het grootgeword in Pretoria en gekwalifiseer as ‘n veearts by Onderstepoort in 2012. Daarna het hy by Kokstad Veearts Kliniek vir 18 maande gewerk met fokus op klein diere en vee. Hy het ook vir ‘n kort tyd in Amanzimtoti by Seadoone Veearts Kliniek gewerk vir ‘n paar maande voor die skuif na die Kaap. Hy het by Panorama Veeartsenykundige Hospitaal as ‘n na-ure veearts vir 4 maande gewerk voordat hy by WAHG aangesluit het.

Hy geniet die buitelewe, bergfietsry en motorfietsry kompleet met pienk rugsak! Hy geniet ook tyd saam met familie en vriende.

Dr-B-van-der-Merwe-1-300x200 Dr. Benice van der Merwe

Dr Bernice van der Merwe het gekwalifiseer as veearts aan die Universiteit van Pretoria in 2013.

Sy het in Worcester vir ‘n jaar gewerk voordat sy by WAHG aangesluit het in 2015.

Sy het ‘n groot belangstelling in klein dier medisyne en chirurgie.

Tydens haar vrye tyd hou sy daarvan om tyd te spandeer saam met familie en vriende, asook perdry, hardloop, stap en reis.

 

Administrasie Personeel

Izaan – Ontvangsdame

Verpleeg Personeel
Kim-and-horse-300x236 sonja
Kim – Verpleeg Personeel

Sonja – Verpleeg Personeel

Kennel Personeel
happy-client
Klein pasiënt by ontvangs

Verpleegster monitor pasiënt se hartklop

Nurse Mariska voer ‘n lam
Binnenshuise Kennels

Kennel personeel hanteer veevoer

Ontvangs van ‘n pasiënt in ontvangs
Winkel

Winkel – kos

Winkel – draagbare kennels
Perde Stalle Perde pasiënt en hanteerder Troeteldier Chirurgie – Dr. Albert van Rooyen