Parasiet beheer in eksotiese spesies

26 Sep

Parasietbeheer in Eksotiese Spesies

luislang

Die meerderheid van eienaars is deeglik bewus van die behoefte aan beheer en voorkoming van parasiete in hul honde en katte. ‘n Groot hoeveelheid opsies word tipies in rakke van veeartsenypraktyke ten toon gestel en in tydskrifte geadverteer. Maar wat van die minder tipiese troeteldiere, die voels, reptiele, visse en kleiner soogdiere?

Vlooie sal alle klein soogdiere teiken. En dan is daar boonop ook ‘n verskeidenheid minder vriendelike myte, luise en bosluise. Soomige vlooi spesies boor letterlik tot diep in die vel van voels in en kruip buite sig weg. Myte kan kan groot reptiel versamelings letterlik oornag oorval en dra boonop fatale virus siektes in die proses oor. In kouvoels kan myte erge misvormings van die kloue en snawels veroorsaak en onherroeplike skade aanrig.

Interne parasiete, veral wurm spesies en protozoa, veroorsaak swak ontwikkeling, diaree en selfs braking. Asof dit nie erg genoeg vir ons troeteldiere is nie, dra baie van die organismes ook aan ons oor en kan mense erge siekte toestande ontwikkel.

iguana

Hoe nou gemaak? Soos in die meeste gevalle, is dit krities om voorkomend op te tree. Maak seker dat die diere wat jy aankoop of inneem van ‘n betroubare bron afkomstig is. Vanuit ‘n etiese oogpunt, moet alle eksotiese diere in gevangeneskap geteel wees. Alle nuwe aankomelinge moet deeglik deur u veearts ondersoek word. Mis mosnters kan ondersoek word om wurm ladings te bepaal en protozoa uit te skakel. Verder moet nuwe eksemplare vir ten minste dertig dae in kwarentyn (ten minste ‘n apparte kamer) gehou word om nuwe siekte toestande onder jou huidige versameling te vermy.

Indien enige parasiete, intern of ekstern, opgemerk word, sal u veearts die nodige voorstelle maak en behandeling toepas. Vae, breespektrum behandeling van alle nuwe aankomelige en die res van die versameling word nie aanbeveel nie en kan tot middel weerstandigheid ly.

Kontak ons gerus in die saak.