Produksie Dier Afdeling

23 Feb

Wellington Dierehospitaal Groep het ‘n holistiese benadering tot die produksie van diere op plase. Ons glo in voorkomende medisyne eerder as ambulans werk. Vir die afgelope 2 jaar het ons gekonsentreer op ‘n beter diens aan ons boere deur strategiese beplanning vir inentings en ontwurming protokolle vir individuele plase. Ons streef daarna om deel van die boerdery te wees en wil ons boere suksesvol sien in wat hulle doen met hul vee en opbrengs op hul belegging. In samewerking met Farmlands Veterinary Practice lewer ons ook produkte en toerusting teen bekostigbare markwaarde.

Ons is ‘n goed toegeruste praktyk en kan enige tipe van versoek van ons boere hanteer.

Tussen ons produksie dier veeartse bied ons die volgende dienste:

  • Vrugbaarheid werk (Ultrasoniese skandering van alle vorme van produksie diere)
  • Roetine Plaasbesoeke
  • Abattoir besoeke
  • Inenting en ontwurm protokolle aan individuele plase
  • Fekale monster analise
  • Roetine chirurgiese prosedures
  • Produksie diere sluit in: melkbeeste, vleisbeeste, skape, varke, Alpaca, ekstensiewe en intensiewe eenhede.

Alle dienste sal gehef word volgens die individuele plaas en ons streef daarna om dit te doen op koste-effektiewe diens met ‘n opbrengs op belegging.