Perde

WAHG se toegewyde spesialis perde veeartse is 24 uur per dag, 7 dae ‘n week aan diens. Die behandeling van enige perd kan dus vinnig en doeltreffend geskied.

Ons bied ‘n gespesialiseerde geslagskundige diens. Dit sluit alle stappe in van sonar tot kunsmatige inseminasie van merries om optimale dragtigheid te verseker. Embriospoeling en oorplanting is reeds met groot sukses gedoen en meer hiervan word vir die toekoms beplan.

Ons het ‘n ten volle ingerigte perde teater waar gespesialiseerde chirurgie gedoen kan word. Ons beskik ook oor die nodige toerusting vir arthroskopie en maak gebruik van spesialis chirurge tydens gekompliseerde prosedures.

Ons draagbare digitale x-straal en sonar toerusting maak dit moontlik om vinnige en akurate diagnoses te maak in die perd se eie omgewing. Dit verseker ‘n baie rustiger pasiënt.

Ons perde veeartse bied ook baie van hul privaat tyd oor naweke om verskillende sport dissiplines by te staan en na die welstand van die perde om te sien.