Plaasdiere

Ons gespesialiseerde produksiedier veeartse bied aan ons kliënte kliniese en raadgewende ondersteuning. Dit sluit in die diagnosering en behandeling van siektetoestande asook chirigie in ons ten volle toegeruste grootdier teater. Die hospitaal beskik ook oor die fasiliteite om hierdie diere te huisves tydens herstel na behandeling of chirurgie.

Voorkomende geneeskunde is ‘n baie belangrike deel van die diens wat ons bied. Dit behels die opstel van gesondheids- en produksiebestuur planne wat aan elke kliënt se unieke behoeftes voorsien.

WAHG bied die nodige produkreeks aan ons plaasdier kliënte deur ons Farmlands Vet vertakking. Ons beding die beste pryse deur grootmaat aankope sodat ons dit kan deurgee aan ons kliënte, die voedselproduseerders van ons land.